True women - Firelighters Ministries

Go ye therefore, and make disciples of all the nations…
                                                                      Matt 28:19-20
Go ye therefore, and make disciples of all the nations…
Matt 28:19-20
Go to content
Sub menus
My dear
Elke begin van die jaar gesels ek en Johannes op wat ons gaan fokus die betrokke jaar. En hierdie jaar het ek en hy dieselfde gedagte van die Heilige Gees ontvang om n suiwer en rein hart te he.

Psalm 51 vers 12 :”SKEP VIR MY N REIN HART, O GOD, EN GEE OPNUUT IN DIE BINNESTE VAN MY N VASTE GEES”

SPREUKE 4 VERS 23 :” WEES VERAL VERSIGTIG WAT IN JOU HART OMGAAN, WANT DIT BEPAAL JOU LEWE.”

Ek ervaar duidelik toe in my gees die volgende vraag: “Wat is in jou hart, wat is jou gesindheid waarmee jy na die Here toe kom? Onmiddelik word ek toe herinner daaraan dat Abba Vader na ons harte kyk en dat ons by Hom geen skans kan voorhou soos ons by mense kan doen nie.

Die realiteit is dat die dinge waarop jy jou gedagtes fokus, is die dinge wat in jou hart sal wees.  

Reinheid van hart is vir ons Hemelse Vader baie belangrik. Die griekse word vir rein is “katharos”, wat beteken, “ vlekkeloos van skuld, skoon wees, onberispelik suiwer.”  N Rein hart wil op God fokus en niks doen wat Hom teleurstel nie. Reinheid van hart gaan oor n positiewe toewyding of oorgawe van ons ganse lewe aan die Here.  Dit is iemand wat besef dat hy/sy God so nodig het en nie langer sonder HOM kan lewe nie.  En dan juis sy /haar lewe oorgee aan die Here.  

Reinheid van hart beteken om net op een ding in jou lewe te fokus. MAAR dit is die groot probleem in baie christene se lewe. In daardie “boks” van hulle lewe is dit nie net die Here nie. Daar is n klomp dinge wat saam in die “boks” van die lewe gehou word.  Te veel van ons dien die Here “OOK”. Wat beteken dit?   Sodra die “OOK” in my godsdiens en die uitleef van my geloof is, dan het die vyand daarin geslaag om my hart te verdeel.

Matteus 6 vers 24:” Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal of die een minder ag en die ander hoeer, of vir die een meer oorhe en die ander een afskeep. Julle kan nie God en mammon dien nie.”

Satan se strategie is om ons net so besig te hou. Wanneer ons besig is, word ons tyd en aandag deur soveel dinge in beslag geneem, dat ons die Here afskeep. Ons skeep ons gesprekke met die Here af, ons Bybel lees en uiteindelik ook ons gehoorsaamheid aan die Here word verwaarloos. Dan verloor ons ons geestelike krag.
Ek noem dit gereeld in my boodskappe dat satan ons eindelik geestelik wil doodmaak.  Hoe doen hy dit? Hy laat ons fokus op die probleme in ons lewe, die uitdagings en die tekortkominge. Hy wil ons minderwaardig laat voel. n Swak selfbeeld gee.  Hy wil ons herinner aan gister se foute, en uiteindelik vrees in ons harte plaas.

Ek self moes vir die Here onverskoning vra omdat die vyand baie subtiel in my hart kom inkryp het. Hoe? Die alledaagse klein jakkalsies wat op ons pad kom. Ons moet onmiddelik dit vir die Here gee dat dit nie in ons hart kom vassteek en seer bring nie.

Ons moet besef dat om n rein hart te he, nie n oppervlakkige saak is nie.  Ons moet weet dat die reininging van n hart n pynlike operasie is, want jy moet elke dag kan vergewe en vryspreek wat mense aan jou doen.  Jy moet kies om vry te wees.  As ons vergewe het die vyand geen houvas in ons lewe nie.
WAT IS DIE TOESTAND VAN ONS HART?

- As iemand jou kop afbyt, byt jy terug of byt jy op jou tong en bly stil. Dit alles hang af van die toestand van jou hart.

- As jou program te vol is en die lys van dinge wat jy vandag moet doen, te lank is, hoe reageer jy? Bly jy kalm, of verloor jy kop en raak met almal ongeduldig? Dit alles hang af van die toestand van jou hart.

- As iemand na jou toe kom met n stukkie skindernuus deurweek van kwaadstokery, wat maak jy? Wys jy dit weg of verlustig jy jou daarin? Dit alles hang af van die toestand van jou hart.

- Grief jy jou oor ander wat jou te nagekom het? Betoon jy genade? Soek jy selfbejammering of soek jy Christus? Dit hang alles af van die toestand van jou hart.
Hou vas aan die Here. WEET dat jy n koningsdogter is van die KONING VAN ALLE KONINGS

Ons het n kroon op ons kop en as die vyand kom met sy daaglikse aanslae wil hy die kroon so n bietjie skeef druk, MAAR al wat jy doen is om kroon net weer regop jou kop te skuif en jou kop weer te lig en vir die vyand te herinner dat jy n koningsdogter is van Abba Vader.
Geseende dag vir julle, hou vas aan die Here

Connie Botes

Dit is my droom en passie om nie net God 1st te stel in my lewe en Sy wil te doen nie maar om ander vroue te help om ook daar uit te kom.  Daar is baie vroue daar buite wat stukkend is en hulle God gegewe doel mis omdat emosionele seer ons terug hou maar God is hier om te vergewe, genees en op te rig sodat ons, ons God gegewe doel kan bereik want ons is  geroep vir `n tyd soos nou...
Vroue Seminaar
Hier is een van die vroue seminare wat ons gehou het by Hebsiba Konferensie Sentrum.  Die Here het vroutjies se lewe aangeraak, huwelikke herstel en nuwe hoop gegee.
ABOUT
It is our joy to make this site and info available to everyone for edifying and spreading the message of God's plan of salvation.
Created by
Look sharp design
Firelighters Ministries is a South African, Non-Profit company registered in terms of the companies Act, Section 21 Reg No; 2006/001993/08
Back to content